Afrikaans | Word gesien as die "Stamvader" van die Winterbachs in Suid-Afrika. Kom op 13 Februarie 1757 met die skip Overschie as soldaat in die Kaap aan. Verkry burgerskap in 1760 en word 'n kleremaker. Doen in 1778 aansoek om 'n stukkie beboude grond (ongeveer 103 hektaar groot) wat aan sy plaas Weltevreden, onder Wynberg, gegrens het. As afgetrede Senior Luitenant van die "Invalides" en al die burgermagte, het hy in 1788 versoek om tot die rang van kaptein bevorder te word, in die plek van Meyer, wat afgetree het. Hy het verder gemeld dat hy reeds 30 jaar as burger diens gedoen het, dat hy in jare vorder en dat dit oorweeg kan word om hom van sy pos te onthef met die rang van kaptein in die Reserwemag sodat hy 'n groter pensioen kon ontvang. |
English | Regarded as the "father" of the Winterbach clan in South Africa. Arrived in South Africa as a soldier aboard the ship Overschie on 13th February 1757. Became a tailor in 1760. |
Deutsch | Wird als "Vater" der Winterbachs in Südafrika bezeichnet. Landet am 13. Februar 1757 als Soldat in Kapstadt, Süd-Afrika mit dem Schiff Overschie. |
This page is within a frameset. View the entire genealogy report of , or surname index or report summary.
(GenoProReportIndividual)
Genealogy Research.
Copyright © 2011 GenoPro Inc. All rights reserved.